Jimm Harrison Project

Francois Haasbroek

WELKOM BY DIE HAMLET KUNS EN KULTUUR FEES – 20 & 21 OKTOBER 2017

Vir die vyfde jaar agtereenvolgens, bied Prince Alfred’s Hamlet met trots aan:

Die HAMLET KUNS- en KULTUURFEES 2017

Die HKKF van 2017 beloof om nóg lekkerder en nóg groter as sy voorgangers te wees. Die Fees verwelkom Vrydagaand die talentvolle Francois Haasbroek, en Saterdagaand gaan die Jimm Morrison Project verseker dat feesgangers tot laataand op hul voete bly dans.

Vir die adrenalien-verslaafde feesganger beloof die HKKF 2017 ‘n lugvertoning deur die Silwer Valke, en ‘n vryvalvertoning deur die Mother City Skydivers. Indien hierdie items nie vir genoeg ‘snak-na-jou-asem’ oomblikke sorg nie, is daar altyd die Vrydagaand NightWalk of die Saterdagoggend se Bergfiets-prettrap waaraan feesgangers kan deelneem om die adrenalien te laat vloei.

Oudergewoonte gaan daar weer ‘n Agridag plaasvind, ‘n Mej Fees gaan gekroon word en die Klassieke Motors gaan weer hul wiele afstof en in volle glorie by die fees vertoon. Ons KIDZONE is elke jaar baie gewild, en hierdie jaar spog die Fees met sy eie kulkunstenaar wat ons jonger (en jonk van gees) feesgangers gaan vermaak.

Verder is heerlike kosstalletjies, ‘n groot verskeidenheid uitstallers en vertonings feesgangers se voorland. Wees veral op die uitkyk vir karate-demonstrasies, diere-vertonings en troeteldierkompetisies. Ons kunsinnige fynproewers moet ook nie hierdie jaar se kunsuitstalling en uitvoerende kunste mis nie – ons glo dat die HKKF julle sal verstom met ons plaaslike talent!

Feesgangers kan verseker wees van ‘n gesinsvriendelike fees waar almal welkom is, vermaak sal word en veilig kan wees. Sien jou by die HKKF 2017, en onthou #dislekkerbydiehkkf !

advert

Kliek hier om deel te wees van ons aanlyn adverteerders vir so min as R100 per jaar.


 

Feesprogram:

(klik om te vergroot)

Vrydag Program:

Saterdag Program:

Heeldag Program:

 

Kom stap saam in Hamlet! Ons sien uit om jou daar te sien!

– Die Hamlet Kuns & Kultuur Fees Span –